top of page
WhatsApp Image 2026-01-05 at 13.42.54_84c1f362.jpg

Hallo! Ek is Elcheri.

My naam is Elcheri Janse van Rensburg, ek is 23 jaar oud en het 'n passie en groot liefde vir Wiskunde. Die lekkerste deel vir my om Wiskunde ekstra klasse te gee is om met die leerders te werk. Ek glo dit is waar my roeping inkom. God het vir ons almal talente gegee, en ek wil my Wiskunde talent gebruik om ander te help en so Hom te eer.​​​

Al wat 'n mens eintlik nodig het is iemand wat verstaan hoe skool-wiskunde werk, iemand wat weet hoe studente die Wiskunde vrae benader, en dus iemand wat die werk op hulle vlak kan verduidelik. En dis presies wat ek doen. Ons is op dieselfde vlak, ek het net 'n paar tips & tricks wat my gehelp het en 100% jou ook gaan help. Wat my anders maak as die normale tutor is dat ek Wiskunde verduidelik soos ek dit op skool verstaan het. Ek verduidelik dit uit die student se oogpunt uit.

Wat is ons doelwit?

1

'n Sterk Wiskunde-Grondslag

Om die basiese konsepte en reëls te verstaan is die nommer een doelwit wat ons wil bereik. As ons dit verstaan, sal ons presies verstaan wat vir ons gevra word en hoe om dit te benader. Jou grondslag is die basis waarop elke jaar van Wiskunde bou.

3

Ondersteuning op alle vlakke

By MoreThanMath wil ek nie net studente help om die werk te verstaan nie, maar ook om te verstaan hoe om die vraestelle benader en vrae te beantwoord, hoe om vir die spesifieke vraestelle te leer en voor te berei. 

2

Selfvertroue

Deur selfvertroue op te bou sal jou help om nie bang te wees vir 'n spesifieke vraag of vraestel nie, en dus die stresvlakke verminder.

​

​​

​

​

4

'n Lekker tyd

Glo dit of nie, mens kry 'n liefde vir Wiskunde, sodra jy the hang of it kry, raak dit eintlik lekker. Maar dit is so dat Wiskunde nie vir almal is nie, so hoekom nie die beste van 'n slegte oomblik maak en elke deel van jou Wiskunde proses geniet nie.

Terugvoer van my wonderlike kliënte 

Anoniem

My seun (gr10) se wiskunde punte het na slegs Å„ paar klasse by Elcheri baie verbeter . Hy geniet elke klas & verstaan sy "probleem areas" 100% beter ! Elcheri se aanbieding is van uitstaande gehalte !!!

Anoniem

2 ure by Elcheri voor n eksamen/toets &  my kind verstaan n hele kwartaal se werk !
Ons is BAIE dankbaar vir Elcheri se verstaanbare & insuggewende wiskunde ekstra klasse aanbieding , ons sal haar enige tyd vir enige kind aanbeveel !
Agv Elcheri , is my kind weer opgewonde oor wiskunde  !

Anoniem

Hallo tannie Elcheri.
Die Wiskunde klasse by tannie is wonderlik. Tannie help my so mooi en as ek nie iets verstaan nie gaan ons weer daaroor. Tannie is so awesome.
Duisende dankies.
bottom of page